PLAASBESTUURDER (MMP) - Vryburg Verfied

Salary Negotiable Vryburg, North-West Vryburg, North-West more than 14 days ago 26-04-2017 1:06:30 PM
24-05-2017 1:06:30 PM
Hierdie bekende plase in Noord-Wes asook Kalahari omgewings beskik oor die volgende vakante betrekkinge vir kandidate met goeie ondervinding in die bestuur van ‘n Bonsmara kudde.

PLAASBESTUURDER (verw. MMP)
VRYBURG OMGEWING

Vereistes:- Individue met ‘n liefde vir Beesboerdery, ondersteun deur minimum 3 jaar toepaslike ondervinding in alle aspekte van Bonsmara boerdery- Basiese tegniese- / meganiese aanleg- Kode 14 + PDP lisensie met ondervinding- Kennis van pyplyn instandhouding- Goeie menseverhoudinge, kommunikasievaardighede en organiseringvermoë- Agtergrond kennis en ervaring van kudde dragtigheid & dekking- Kuilvoer onder spilpunt besproeiing dien as verdere aanbeveling.

Pligte behels ondermeer: - Onafhanklike bestuur van boerdery eenheid- Handhawing van optimale produksie- Effektiewe arbeidsbestuur, instandhouding, ontwikkeling en uitbou van die boerdery en kudde.Daar word ‘n markverwante vergoedingspakkette met voordele wat insluit gratis behuising, werksvervoer, medies- en pensioenskema aan die poste gekoppel.