PLAASBESTUURDER - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 16-01-2018 8:45:49 AM
13-03-2018 8:45:49 AM
Hierdie gevestigde 44 Ha plaas in die Groblershoop omgewing waarop wyndruif asook rosyne verbou word is onder nuwe eienaarskap en beskik oor 'n geleentheid vir 'n energieke, dinamiese kandidaat om gesamentlik met die eienaar die plaas te bestuur.

PLAASBESTUURDER; WYNDRUIF/ ROSYNE/ PEKAN
GROBLERSHOOP OMGEWING

Vereistes:
- Kandidate met ten minste 5 jaar praktiese ondervinding in die bestuur van so n plaas in alle fasette kan aansoek doen.
- Deeglike kennis en ondervinding in die verbouing van pekans
- Goeie menseverhoudinge en kommunikasievaardighede om arbeid te bestuur
- Tegniese vaardighede om daaglikse instandhouding en herstelwerke op geboue, store, paaie, waterleikanale, pompe ens. te kan doen
- Eie inisiatief kan neem in daaglikse bestuur van take en verantwoordelikhede
- Basiese administratiewe vaardighede vir verslagdoening aan eienaar
- Kode 14 bestuurslisensie

Ingesluit in die pakket is behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes.