Plaasbestuurder - Rawsonville Verfied

Salary Negotiable Rawsonville, Western Cape Rawsonville, Western Cape more than 14 days ago 16-03-2018 12:36:43 PM
28-03-2018 8:27:59 AM
Ons kliënt, geleë in Rawsonville, beskik tans oor die volgende posisie.

Plaasbestuurder

Hierdie uitdagende en opwindende geleentheid benodig ’n energieke Plaasbestuurder met sterk interpersoonlike en leierskapsvaardighede en ongeveer 3 tot 5 jaar ondervinding. ’n Toepaslike na-skoolse kwalifikasie asook ’n natuurlike meganiese aanleg vir basiese instandhoudingswerk is verdere vereistes vir die pos.

Die suksesvolle kandidaat sal aan die Eienaar rapporteer en verantwoordelik wees vir die bestuursfunksie sowel as die volgende pligte: • wingerdaanplantings • bemesting • siekte- en plaagbeheer • snoeiprogramme • druiwevoorbereiding• onkruidbeheer • personeelbestuur • boerdery- en loonadministrasie • begrotingsbestuur • bestuur van gehaltebeheerstelsels (IPW) • instandhouding van masjinerie en toerusting • alle ander take wat met die pos verband hou.

In ruil bied ons kliënt ’n mededingende vergoedingspakket aan.