PLAASBESTUURSPAAR - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 10-02-2016 9:34:06 AM
09-03-2016 9:34:06 AM
Ons kliënt met ‘n gevestigde bees- & wildboerdery beskik tans oor die volgende uitstekende beroepsgeleentheid en wag op aansoeke van hardwerkende, dinamiese, energieke kandidate, as:

PLAASBESTUURSPAAR
KALAHARI DISTRIK

Vereistes:
- Sterk selfgedrewe, gestruktureerde persone met ‘n liefde vir boerdery, ondersteun deur minimum 5-7 jaar toepaslike ondervinding in alle aspekte van die bestuur van ‘n vee-en
wildplaas.
- Deeglike kennis van bees en wild boerdery
- Goeie tegniese- / meganiese aanleg
- Deeglike kennis van draad-en waterwerk
- Goeie menseverhoudinge, kommunikasie vaardighede en organiseringsvermoë
- Vermoë beskik om onafhanklik te opereer.

Gade se pligte:
- Hoogs gestruktureerd met sterk rekenaarvaardigheid
- Ondervinding van boekhouding en die gasvryheidsberyf
- Goeie menseverhoudinge en kommunikasievaardighede.

Pligte behels ondermeer:
- Die gesamentlike bestuur van boerdery eenheid in noue samewerking met werkgewer
- Handhawing van optimale produksie
- Effektiewe arbeidsbenutting
- Instandhouding, ontwikkeling en uitbou van die boerdery
- Ontvangs van gaste.

Daar word ‘n markverwante vergoedingspakket met voordele eie aan die boerdery bedryf aan die pos gekoppel.