Produksiebesturder Tafeldruiwe(ODPT) - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 09-01-2019 12:11:05 PM
06-03-2019 12:11:05 PM
Hierdie gevestigde Tafeldruif boerdery in die Kakamas omgewing wat spesialiseer in die produsering van uitvoer tafeldruiwe, beskik oor die volgende uitdagende posisies vir dinamiese, selfgedrewe persone as deel van hul bestuurspan:

PRODUKSIEBESTUURDER; TAFELDRUIWE (VERW. ODPT)
KAKAMAS OMGEWING

Vereistes:
- Ons wag op aansoeke van dinamiese, energieke en hardwerkende individue wat oor goeie bestuursvaaardighede beskik, ondersteun deur minimum 5 jaar ondervinding in alle
aspekte van die verbouing van tafeldruiwe.
- ‘n Toepaslike landbou kwalifikasie sal as aanbeveling dien.
- Rekenaarvaardigheid
- Goeie menseverhoudinge,kommunikasievaardighede, die vermoë om onafhanklik te opereer
- Deeglike tegniese agtergrond van besproeiing, bemesting en bespuitings.
- Kennis en ondervinding van die volle bestuur van ‘n pakhuis sal as aanbeveling dien.

Oorhoofse pligte sal insluit:
- Kontrole en toesig oor alle produksieaktiwiteite
- Bestuur van en beheer oor produktiwiteit van arbeid, pakhuisbestuur, gehaltebestuur en toepassing van tegniese aanbevelings.

Daar word mededingende vergoedingspakkette aan beide die poste gekoppel volgens kwalifikasie en ondervinding.