PRODUKSIEBESTUURDER BINNEGROND - MCDP - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 20-02-2019 9:23:30 AM
17-04-2019 9:23:30 AM
Hierdie gevestigde tafeldruif, rosyn, pekanneut en wisselbou boerdery in Straussburg beskik oor die volgende geleentheid vir ‘n dinamiese, resultaatgedrewe persoon as:

PRODUKSIEBESTUURDER BINNEGROND (Rosyne / Pekaneute / Lusern)
UPINGTON OMGEWING

Vereistes:
- Ons wag op aansoeke van energieke en hardwerkende individue wat oor minimum 5 jaar ondervinding beskik met ondervinding om ‘n 54 ha pekanneut-, 30 ha lusern asook 21 ha
rosyne eenheid te kan bestuur.
- Goeie rekenaarvaardigheid
-Kennis van gehaltebestuurstelsels
- Bo-gemiddelde menseverhoudinge, kommunikasievaardighede
- Vermoë beskik om onafhanklik te opereer
- Sterk tegniese agtergrond van besproeiing, bemesting en bespuitings.

Die ideale kandidaat sal verantwoordelik wees vir die:
- Bestuur van gevestigde, organiese rosyne-, lusern en pekanneut eenhede in noue skakeling met hoofbestuurder.
- Toesig oor alle produksie-aktiwiteite, bestuur van en beheer oor produktiwiteit van arbeid, volledige oesproses, maak van kwaliteit rosyne, gehaltebestuur en toepassing van
tegniese aanbevelings.

Verdere aanbevelings vir die pos is ‘n toepaslike tersiêre landbou kwalifikasie.

Daar word ‘n mededingende vergoedingspakket, wat voordele eie aan die bedryf insluit, aan die pos gekoppel.