PRODUKSIEBESTUURDER:GROENTE(MSPG) Verfied

Salary Negotiable Abroad more than 14 days ago 16-07-2019 11:02:12 AM
10-09-2019 11:02:12 AM
Ons kliënt, ‘n markleier in die groentebedryf in Noeroewer, Namibia omgewing beskik tans oor die uitdagende posisie en wag op aansoeke van hardwerkende, energieke individue met ‘n liefde vir boerdery.

PRODUKSIEBESTUURDER; GROENTE
NOORDOEWER, NAMIBIA OMGEWING

Vereistes:
- Minimum 5 jaar bewese bestuursondervinding in alle aspekte van tamatie, groenrissie en botterskorsie verbouing om in noue samewerking met hoofbestuur 'n 120 Ha groente
eenheid te bestuur.
- Bo-gemiddelde menseverhoudinge en kommunikasievaardighede
- Deeglike tegniese kennis van besproeiing, bemesting en bespuitings
- Basiese rekenaarvaardigheid
- Kennis van gehaltebestuurstelsels.
- Persone wat aansoek doen moet gemaklik wees met afgesonderde omgewing en onder druk kan opereer.
- Persone met toepaslike tersiêre kwalifikasie in landbou sal voorkeur geniet.

Pligte sal onder meer behels:
- Effektiewe aanwending en bestuur van arbeid met maksimum produktiwiteit
- Grondvoorbereiding en konstruksie vir nuwe aanplantings
- Pro-aktiewe water- en onkruidbestuur
- Beplanning en effektiewe produksiebestuur en alle aspekte van oes van groente, instandhouding, verfyning en verbetering van rekordhouding en alle sisteme.

Daar word ‘n markverwante vergoedingspakket met voordele eie aan die bedryf aangebied.

Rig u volledige CV met verwysing MSPG voor 29 Julie 2019