PRODUKSIEBESTUURDER (MASP) - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 06-02-2018 10:20:20 AM
28-02-2018 2:50:59 PM
Hierdie gevestigde tafeldruif groep beskik oor die volgende uitdagende geleentheid vir ? dinamiese, energieke persoon met sterk bestuursvaardighede wat oor die vermoë beskik
om onafhanklik te werk as:

PRODUKSIEBESTUURDER
UPINGTON OMGEWING

Vereistes:
- Selfgedrewe, goed-georganiseerde persoon met ‘n liefde vir boerdery, ondersteun deur minstens 5 jaar praktiese bestuursondervinding in die verbouing van tafeldruiwe en
rosyne.
- Kandidate in besit van ? tersiêre landbou kwalifikasie sal voorkeur geniet.
- Bo-gemiddelde menseverhoudinge, kommunikasievaardighede
- Kennis van gehaltebestuurstelsels (GLOBALGAP)
- Basiese tegniese en meganiese agtergrond.

Pligte sal onder meer behels:
- Bestuur en verdere ontwikkeling van tafeldruif eenheid
- Volle bestuur van produksie-eenheid en pakstoor in noue samewerking met hoofbestuur, wat insluit alle aspekte van arbeids-, gehaltebestuur, besproeiing, bemesting en
bespuitings.

Daar word ? markverwante vergoedingspakket met voordele eie aan die bedryf aangebied.