PRODUKSIEBESTUURDER TAFELDRUIWE - MRTP - Upington

Hierdie gevestigde uitvoer tafeldruif groep beskik oor ‘n uitdagende beroepsgeleentheid vir dinamiese, energieke individu met dryfkrag ? passie vir boerdery om by hul suksesvolle span aan te sluit:

PRODUKSIEBESTUURDER, TAFELDRUIWE
AUGRABIES OMGEWING

Vereistes:
- Aansoeke word ingewag van kandidate met minimum 5 jaar toepaslike ondervinding in alle aspekte van tafeldruif verbouing
- Bo-gemiddelde menseverhoudinge, kommunikasievaardighede
- Kennis van die nuutste verbouingspraktyke.
- Goeie tegniese agtergrond en ondervinding van besproeiing, bemesting en bespuitings op tafeldruiwe, asook alle aspekte van pakhuisbestuur en toepassing van produktiwiteit- en gehaltebestuurstelsels soos GLOBALGAP & SIZA.

Pligte sal onder meer behels:
- Bestuur van tafeldruif eenheid in noue samewerking met operasionele bestuurder wat insluit alle aspekte van produksie, arbeids-, gehaltebestuur, besproeiing, bemesting en bespuitings.

Aansoekers met toepaslike landbou kwalifikasie sal voorkeur geniet.

Daar word markverwante vergoedingspakket met voordele eie aan die bedryf aangebied.

The biggest job-related Twitter account in the world Best Business Blog Winner / SA Blog Awards 2013