PRODUKSIEBESTUURDERS: GROENTE VERBOUING (MSPG) Verfied

Salary Negotiable Abroad more than 14 days ago 03-10-2017 9:06:09 AM
28-11-2017 9:06:09 AM
Ons kliënt, ‘n markleier in die groentebedryf, beskik tans oor twee uitdagende posisies en wag op aansoeke van hardwerkende, energieke individue met ‘n liefde vir boerdery en nooi belangstellendes uit om aansoek te doen.

PRODUKSIEBESTUURDERS X 2
GROENTE VERBOUING
NOORDOEWER OMGEWING, NAMIBIA

Vereistes:
- Matriek ondersteun deur minimum 5 jaar bewese bestuursondervinding in alle aspekte van tamatie, groenrissie en botterskorsie verbouing om gesamentlik met hoofbestuur 'n 120
Ha groente eenheid te bestuur.
- Persone met toepaslike tersiêre kwalifikasie in landbou sal voorkeur geniet.
- Kennis van gehaltebestuurstelsels
- Bo-gemiddelde menseverhoudinge en kommunikasievaardighede
- Deeglike tegniese kennis van besproeiing, bemesting en bespuitings
- Basiese rekenaarvaardigheid

Persone wat aansoek doen moet gemaklik wees met afgesonderde omgewing en onder druk kan opereer.

Pligte sal onder meer behels:
- Effektiewe aanwending en bestuur van arbeid met maksimum produktiwiteit
- Grondvoorbereiding en konstruksie vir nuwe aanplantings
- Pro-aktiewe water- en onkruidbestuur,
- Beplanning en effektiewe produksiebestuur en alle aspekte van oes van groente
- Instandhouding, verfyning en verbetering van rekordhouding en alle sisteme.

Daar word ‘n markverwante vergoedingspakket met voordele eie aan die bedryf aangebied.