PRODUKSIEBETUURDER (MRP) - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 24-01-2017 12:43:28 PM
21-02-2017 12:43:28 PM
Hierdie gevestigde uitvoer tafeldruif groep beskik oor twee uitdagende beroepsgeleenthede vir dinamiese, energieke individue met dryfkrag en ? passie vir boerdery om by hul suksesvolle span aan te sluit

PRODUKSIEBETUURDER
AUGRABIES/ ONSEEPKANS OMGEWING

Vereistes:
- Aansoeke word ingewag van kandidate met minimum 5 jaar toepaslike ondervinding in alle aspekte van tafeldruif verbouing
- Bo-gemiddelde menseverhoudinge, kommunikasievaardighede
- Kennis van die nuutste verbouingspraktyke.
- Goeie tegniese agtergrond en ondervinding van besproeiing, bemesting en bespuitings op tafeldruiwe
- Alle aspekte van pakhuisbestuur en toepassing van produktiwiteit- en gehaltebestuurstelsels soos GLOBALGAP.

Pligte sal onder meer behels:
- Bestuur van onderskeidelik ‘n 30 HA tafeldruif eenheid in Augrabies of Onseepkans in noue samewerking met hoofbestuur wat insluit alle aspekte van produksie, arbeids-, gehaltebestuur, besproeiing, bemesting en bespuitings.

Aansoekers met toepaslike landbou kwalifikasie sal voorkeur geniet.

Daar word markverwante vergoedingspakkette met voordele eie aan die bedryf aangebied.