Rekeningkundige Assistent - Paarl Verfied

Salary Negotiable Paarl, Western Cape Paarl, Western Cape more than 14 days ago 24-08-2016 9:03:23 PM
05-10-2016 9:03:23 PM

My kliënt, een van Suid-Afrika se vooraanstaande tafeldruif produsente het 'n vakature beskikbaar vir 'n Rekeningkundige Assistent.

 

Die posbekleër sal rapporteer aan die Rekenmeester en die hooftake sluit in:

  • Die  volledige Krediteure funksie (Hooffunksie)
  • Salaris Administrasie (ongeveer 42 salarispersoneellede)

 

Die ideale kandidaat is in besit van ‘n Graad 12 sertifikaat en 'n naskoolse kwalifikasie in Rekeningkunde.  Drie jaar toepaslike ondervinding in krediteure en/ boekhouding, kennis van die arbeidswet en blootstelling aan salarisadministrasie word vereis. Ondervinding in die landbousektor sal in die kandidaat se guns tel.  

 

Vereistes:

  • Kennis van die arbeidswetgewing
  • Akkuraatheid en detailgeoriënteerde werkswyse
  • Goeie taalvaardigheid in Afrikaans en Engels 
  • Goeie rekenaarvaardigheid (MS Office)

 

Indien jy belangstel in die posisie en aan bogemelde vereistes voldoen, doen gerus aansoek deur enige van die volgende opsies uit te voer:

  • die 'Apply' opsie te kies by die advertensie of
  • aanlyn aansoek te doen by ;of
  • 'n volledige CV te e-pos aan Nadine na ****@*****.***

    Neem asseblief kennis dat indien u nie binne 30 dae vanaf u aansoek terugvoering ontvang het nie, u die aansoek as onsuksesvol moet beskou.  Die maatksappy behou die reg om nie die vakature te vul nie.

     

    Ref: CPT000120/NP