SAICA / SAIPA LEERLINGREKENMEESTER - Centurion Verfied

Salary Negotiable Centurion, Gauteng Centurion, Gauteng more than 14 days ago 30-07-2019 11:14:37 AM
24-09-2019 11:14:37 AM
Goed gevestigde medium grootte oudit- en rekeningkundige firma in Centurion is opsoek na SAICA & SAIPA leerlingrekenmeesters vir 'n 3-5 jaar kontrakposisie vanaf Januarie 2020.

Minimum vereistes:

Besig met of voltooide BCompt / BCom Rek / BCom Fin Bestuur graad
Rekenaargeletterd wees - kennis van Pastel en Caseware sal 'n voordeel wees
Moet in besit wees van 'n geldige lisensie
Eie voertuig of betroubare vervoer.
Bereid wees om te reis en uit te slaap op oudits van tyd tot tyd.
Bereid wees om oortyd te werk wanneer nodig
Moet tweetalig wees (Afrikaans en Engels)
Goeie kommunikasievermoë.
Moet onder druk kan werk.
Goeie administrasievaardighede.
Moet hardwerkend en betroubaar wees en in staat wees om eie inisiatief te neem.

Posspesifikasies:

Leerlingrekenmeesters sal verwag word om werk te verrig soos rekeningkundige werk, die opstel van finansiële state, oudits, asook verskillende tipes belastingopgawes.

Leerlingrekenmeesterssal ook verwag word om navrae op te los by beheerliggame soos SARS namens die kliënte.

Dokumentasie benodig:

Opgedateerde CV met aanduiding watter klerkskap (SAICA / SAIPA) voltooi wil word
Bewys van kwalifikasies.
Bewys van bestuurderslisensie

Slegs aansoeke wat aan al die vereistes voldoen, sal oorweeg word.

Indien u geen terugvoering van ons ontvang binne twee weke, beskou asb u aansoek as onsuksesvol.

Recruiter: DCV Ouditeure