SENIOR LANDBOUKUNDIGE - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 12-03-2019 1:49:55 PM
07-05-2019 1:49:55 PM
Ons wag op aansoeke van dinamiese, selfgedrewe, sterk analitiese persone met die vermoë om onafhanklik onder druk te kan funksioneer.

SENIOR LANDBOUKUNDIGE
UPINGTON OMGEWING

Vereistes:
- Die suksesvolle kandidaat moet ‘n mens-mens wees met bo-gemiddelde kommunikasie- en rekenaar vaardighede in MS Office.
- Toepaslike B-Graad of gelykwaardige kwalifikasie, met sterk landbou / of rosyne agtergrond en kennis, ondersteun deur goeie kennis van die gebied en betrokkenheid in die
boerdery gemeenskap.
- Gewilligheid om te reis
- Sterk organiserings-, administratiewe- en voorleggings vaardighede, asook projekbestuursvaardighede vorm ook deel van die vereistes vir hierdie uitdagende posisie.

Die suksesvolle kandidaat sal onder meer verantwoordelik wees vir die volgende sleutel prestasie areas:
- Skryf van projekvoorstelle, saamgestel uit navorsingsbehoeftes
- Uitvoer / Koördinering en beoordeling van proewe en proefblokke / optrek en versprei van verslae en aanbevelings rakende bevindings
- Inligtingsverspreiding rakende nuutste bedryfs-standaarde en tendense en gebruik van nuwe produksiepraktyke en aanwending van nuwe tegnologie
- Bou en ontwikkel van goeie samewerking en oop kommunikasie met strategiese vennote en produsente
- Bepaling van opleidings-, befondsings- en produsente behoeftes

Daar word ‘n bo-gemiddelde vergoedingspakket met voordele eie aan die bedryf, aan pos gekoppel.

ALLE AANSOEKE SAL STRENG VERTROULIK HANTEER WORD

Rig u volledige CV met verwysing MSLRSA voor 29 Maart 2019