SENIOR PRODUKSIEBESTUURDER - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 21-06-2018 7:09:08 AM
06-08-2018 8:36:37 AM
Hierdie gevestigde tafeldruif, rosyne en pekanneut boerdery in Straussburg beskik oor die volgende geleentheid vir ‘n dinamiese, resultaatgedrewe persoon as:

SENIOR PRODUKSIEBESTUURDER
UPINGTON OMGEWING

Vereistes:
- Energieke en hardwerkende individue wat oor bewese bestuursvaardighede beskik, ondersteun deur minimum 10 jaar ondervinding in alle aspekte van die verbouing van
tafeldruiwe, rosyne asook pekanneute.
- Goeie rekenaarvaardigheid
- Uitgebreide kennis van gehaltebestuurstelsels
- Bo-gemiddelde menseverhoudinge en kommunikasievaardighede
- Vermoë beskik om onafhanklik te opereer
- Sterk tegniese agtergrond van besproeiing, bemesting en bespuitings.

Die ideale kandidaat sal verantwoordelik wees vir:
- Oorhoofse bestuur van gevestigde, organiese tafeldruif, rosyne en pekanneut eenhede, asook voltooide nuwe rosyne ontwikkeling in noue skakeling met hoofbestuur.
- Oorhoofse toesig oor alle produksieaktiwiteite
- Bestuur van en beheer oor produktiwiteit van arbeid
- Volledige oesproses
- Pakstoor en maak van kwaliteit rosyne
- Gehaltebestuur en toepassing van tegniese aanbevelings.

Verdere aanbevelings vir die pos is ‘n toepaslike tersiêre landbou kwalifikasie.

Daar word ‘n mededingende vergoedingspakket, wat voordele eie aan die bedryf insluit, aan die pos gekoppel.