SENIOR SITRUS PRODUKSIEBESTUURDER(MASP) - Burgersfort Verfied

Salary Negotiable Burgersfort, Mpumalanga Burgersfort, Mpumalanga more than 14 days ago 12-02-2019 10:43:42 AM
09-04-2019 10:43:42 AM
Hierdie gevestigde Sitrus Maatskappy wat spesialiseer in die produsering en uitvoer van sitrus, beskik oor die volgende posisie vir ‘n dinamiese, selfgedrewe persoon as deel van hul bestuurspan:

SENIOR SITRUS PRODUKSIEBESTUURDER
(BURGERSFORT OMGEWING)

Ons wag op aansoeke van energieke en hardwerkende individue wat oor bewese bestuursvaardighede beskik, ondersteun deur minimum 8 - 10 jaar ondervinding in alle aspekte van die verbouing van sitrus. ‘n Toepaslike landbou kwalifikasie sal as sterk aanbeveling dien.

Verdere vereistes is goeie menseverhoudinge, kommunikasievaardighede, die vermoë om onafhanklik te opereer ondersteun deur 'n deeglike tegniese agtergrond van besproeiing, bemesting en bespuitings asook die implementering en toepassing van gehaltebestuurstelsels. Ondervinding in die bestuur van ‘n sitrus pakhuis en
doen van nuwe ontwikkelings is ook van belang.

Oorhoofse pligte sal insluit: Bestuur en kontrole oor alle produksie aktiwiteite, bestuur van en beheer oor produktiwiteit van arbeid, pakhuisbestuur, gehaltebestuur en toepassing van tegniese aanbevelings.

Daar word ’n mededingende vergoedingspakket aan die pos gekoppel volgens kwalifikasie en ondervinding.