Senior Wynmaker - Klawer Wynkelder - Lutzville Verfied

Salary Negotiable Lutzville, Western Cape Lutzville, Western Cape more than 14 days ago 09-05-2017 12:29:03 PM
31-05-2017 8:14:11 AM
Klawer Wynkelders, geleë in die Olifantsrivier Wynstreek, beskik tans oor die volgende betrekkings vir toegewyde persone met ‘n passie vir wingerdbou en wyn.

SENIOR WYNMAKER

Die suksesvolle kandidaat is ‘n goeie kommunikeerder met ‘n naskoolse kwalifikasie in Wingerdbou en Wynkunde, met ten minste 5 jaar ondervinding van die totale wynmaakproses.

Die Senior Wynmaker rapporteer direk aan die Produksiebestuurder en is verantwoordelik vir: * die koördinering van parsaktiwiteite * die totale wynmaakproses * versnyding en stabilisering van wyn * skakeling met wynaankopers * bestuur van kwaliteitskontrole stelsels (ISO) * wingerdboupraktyke * voorraadbeheer en produksie administrasie * beheer en toesig oor kelderpersoneel sowel as ander take wat normaalweg met die pos geassosieer word.

In ruil vir u dienste bied Klawer Wynkelder ‘n mededingende vergoedingspakket aan.