SJEF MKS - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 03-07-2019 1:26:42 PM
28-08-2019 1:26:42 PM
Hierdie bekende gastehuis in Kakamas area wat deur familie besit en bestuur word nooi energieke self gedrewe kandidate uit om aansoek te doen vir die beskikbare posisie, as:

SJEF
KAKAMAS OMGEWING

Vereistes:
- Ons wag op aansoeke van hardwerkende kandidate met ‘n passie vir die toerisme industrie wat oor minimum 3 jaar ondervinding beskik as ‘n sjef.
- ‘n Tersiêre kwalifikasie in banket spyseniering of soortgelyk sal in u guns tel.
- Bo-gemiddelde menseverhoudinge
- Algemene rekenaarvaardigheid in MS Office
- Die vermoë om onafhanklik onder druk te opereer
- Geldige bestuurslisensie en eie vervoer.

Verantwoordelikhede sal insluit:
- Daaglikse bestuur van die kombuis
- Aankope vir daaglikse gebruik asook funksies soos benodig
- Data prossesering van voorraad op rekenaarsisteem
- Bestuur van funksies en geleenthede wat insluit spyskaart voorstelle, kwotasies, aankope en bestuur van spyseniering.

Daar sal ook van kandidaat verwag word om lang ongereelde ure te werk.

Daar word ‘n mededingende vergoedingspakket aangebied wat behuising insluit.

Rig u volledige CV met verwysing MKS