Skakelbeampte/Verkoopspersoon - Paarl Verfied

Salary Negotiable Paarl, Western Cape Paarl, Western Cape more than 14 days ago 31-10-2014 11:06:13 AM
24-11-2014 1:12:39 PM
Skakelbeampte/Verkoopspersoon


Windmeul Kelder in die skilderagtige Paarl Wynstreek, benodig ’n vlot tweetalige persoon met goeie kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels, wat goed met mense op alle vlakke kan kommunikeer. Daarbenewens is ’n toepaslike naskoolse kwalifikasie en rekenaarvaardighede vereistes vir die pos.

Vorige toepaslike ondervinding in die wynbedryf sal in die aansoeker se guns tel. Die suksesvolle kandidaat se veelsydige pligte sal onder andere die volgende behels: • ontvangs en skakelbord • koördinering en reël van promosies en wynfeeste • wynverkope • die aanbied van formele en informele wynproeë • skakeling met kliënte en alle ander belangegroepe • bemarkings- en skakelaktiwiteite • alle administratiewe take verwant aan die pos.