SPEELGOEDBIBLIOTEEK ASSISTENT - Paarl Verfied

Salary Negotiable Paarl, Western Cape Paarl, Western Cape more than 14 days ago 10-02-2016 12:27:00 PM
23-02-2016 11:46:06 AM
Ons kliënt, ‘n welsynsorganisasie in die Paarl, beskik tans oor die volgende vakature:

SPEELGOEDBIBLIOTEEK ASSISTENT
Vroeë Kind Ontwikkeling

Hierdie is ’n uitdagende posisie vir ’n entoesiastiese persoon wat eie inisiatief kan gebruik en wat onafhanklik kan werk. Goeie kommunikasie vaardighede in Afrikaans en Engels en ’n passie vir die opvoeding van voorskoolse kinders en ondervinding in die veld van vroeë kind ontwikkeling sal in die aansoeker se guns tel. ’n Minimum van NQF Vlak 4 word vereis – NQF Vlak 5 en creche ervaring is ’n sterk aanbeveling.

Die aansoeker sal verantwoordelik wees om creche personeel te help om kurrikulums prakties te implementeer vir voorraadkontrole, instandhouding van databasis, aanbied van werkswinkels en alle ander pligte verwant aan die pos.