STOELASSISTENTE(MFSA) - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 12-02-2019 1:53:11 PM
19-03-2019 6:31:58 AM
Hierdie gevestigde mediese praktyk met hul hoof fokus gemik op die diagnose,
voorkoming en behandeling van verskeie tandheelkundige probleme asook siektes
van die tande en tandvleis beskik oor geleenthede vir twee goed opgeleide kandidate
om deel te word van hul suksesvolle span as:

GEKWALIFISEERDE STOELASSISTENTE
(2x poste)
UPINGTON

Die geskikte kandidate sal gekwalifiseerd wees as stoelassistent ondersteun deur
2-3 jaar praktiese ondervinding, met goeie menseverhoudinge wat graag ‘n loopbaan
in die bedryf wil maak. Voorkeur kandidate sal reeds HPCSA registreerd wees.

Verdere vereistes sluit in stiptelikheid, netheid, empatie, vriendelike professionele
geaardheid, goeie kommunikasie- en rekenaarvaardighede in Medi-Mass, met eie
vervoer en geldige lisensie.
Die suksesvolle persoon moet onder druk kan funksioneer en bereid wees om van tyd
tot tyd langer ure te werk.

Hoof pligte gaan ondermeer wees die assistering van die tandarts in praktyk en teater
om tandheelkundige prosedures uit te voer asook die aangee van instrumente soos
tandarts dit benodig, voorbereiding van materiale, vulsels en afdrukmateriaal en
inspuitings, sterilisering van instrumente na afloop van elke konsultasie, asook hulp-
verlening aan pasiente asook ander algemene kantoor administrasie.

Daar word ? markverwante vergoedingspakket met voordele eie aan die bedryf
aangebied.