STOOR KONTROLEUR - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 20-02-2019 6:16:49 AM
17-04-2019 6:16:49 AM
Hierdie plaaslike kelder beskik oor 'n geleentheid vir ‘n verantwoordelike, noukeurige en betroubare persoon om die volgende vakature by ons Verpakkingsaanlegte in Upington te vul:

STOORKONTROLEUR
UPINGTON

Vereistes:
- Kandidate met ten minste 1 jaar ondervinding in 'n soortgelyke pos kan aansoek doen
- Basiese rekenaarvaardigheid in MS Office
- Skoon kriminele rekord en geldige verwysings

Pligte:
- Kandidate wat bereid is om volle beheer te neem van ‘n wynstoor soos van tyd tot tyd toegedeel
- Voorraadhouding
- Opmaak van bestellings
- Noukeurige boekhouding van ontvangste/versendings
- Spasie versorging
- Algemene netheid

Die vergoedingspakket sal vasgestel word ooreenkomstig kwalifikasies en ondervinding. Voordele wat in die pakket vervat sal word sluit in lidmaatskap tot ‘n mediese- en voorsorgfonds.