STREEKVERKOOPSBESTUURDER (LANDBOUKUNDIGE) - Cape Town Verfied Gold Badge

Salary Negotiable Cape Town, Western Cape Cape Town, Western Cape more than 14 days ago 07-05-2015 5:57:00 PM
04-06-2015 5:57:00 PM
STREEK-VERKOOPSBESTUURDER (LANDBOUKUNDIGE)

Aquasol Nutri (Edms.) Bpk. – ‘n gerekende rolspeler in die spesialiteitsbemestingsbedryf het tans ‘n geleentheid vir ‘n gemotiveerde en dinamiese persoon – verkieslik jonger as 35 jaar, om deel te word van ons span in die Kaapprovinsie. Die pos kan in Kaapstad of George gebaseer wees en sal met die suksesvolle kandidaat onderhandel word.

VEREISTES:

• Toepaslike B. Agric of B.Sc (Agric) is 'n absolute voorvereiste.
• Grondkunde en gewasproduksie is baie sterk aanbeveling.
• Minimum 5 jaar tegniese- en verkoopservaring in die kunsmis of landbou-chemiese industrie is 'n vereiste..
• Tegnies/landboukundig sterk met bewese bemarkingsvaardighede.
• Goeie kommunikasievaardighede.
• Selfstandig, gemotiveerd, dinamies en selfgedrewe.
• Moet bereid wees om te reis en uit te slaap in die Oos- Suid- Wes- en Noordkaap.
• Rekenaargeletterd asook sterk administratiewe en analitiese ingesteldheid.
• Moet onder druk kan werk en resultate lewer - instaat wees tot die lewering van omvattende bestuursinsette.

POSBESKRYWING:

• Bemarking en landboukundige/tegniese ondersteuning aan groothandelkliënte in die hele Kaapprovinsie.
• Landboukundige/tegniese ondersteuning aan eindverbruikers – opstel van bemestingsprogramme en besoeke aan eindverbruikers.
• Diens van bestaande groothandel en kleinhandel kliente om besigheidsverhoudinge in stand te hou en te versterk.
• Werwing van nuwe groothandelkliënte .
• Opstel en implementering van verkoopsbegrotings en realisering van verkoopsdoelwitte.
• Insamel en kommunikasie van markintelligensie (pryse, kompetisie, nuwe produk-potensiaal, ens.) asook insette vir strategiese besluitneming.
• Betrekking vereis omvattende bestuursinsette, strategiese beplanning en bestuurskreatiwiteit.

VERGOEDING:

Hoogs onderhandelbare vergoedingspakket met voordele eie aan ‘n gevestigde Maatskappy wat die eise aan en verwagtinge van die betrekking weerspieël. Applikante wat nie aan die akademiese EN ervaringsvereistes voldoen nie, sal geensins oorweeg word nie. Geselekteerde kandidate sal vir onderhoude genooi word en die Maatskappy behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie.