Subject Matter Expert - Centurion Verfied

R 19000 per month Centurion, Gauteng Centurion, Gauteng more than 14 days ago 10-11-2014 10:13:45 AM
08-12-2014 10:13:45 AM
'n Tuisskoolonderrig-instansie in Highveld is opsoek na 'n vakdeskundige. Die persoon se vak-verantwoordelikhede sal Afrikaans en geskiedenis vir senior en VOO-fase wees.

Pligte en verantwoordelikhede:
• Bestuur van die gehalte van die vakke toegeken.
• Ontwikkel leermateriaal of fasiliteer leermateriaalontwikkeling.
• Modereer vakmateriaal.
• Stel assesseringsaktiwiteite, memoranda, rubrieke en merkskedules op.
• Modereer en merk assesseringsaktiwiteite.
• Organiseer en fasiliteer praktiese sessies (waar van toepassing).
• Ontwikkel fasiliteringsgidse vir fasiliteerders.
• Begrip vir die toepassing van KABV en die verwante assesseringsvereistes.
• Ondersoek en pas innoverende tegnieke vir die fasilitering van leer toe.
• Lewer aanbiedings en demonstrasies van leermateriaal aan interne en eksterne belangegroepe.
• Kommunikeer met kliënte.
• Interaksie met kollegas en die Uitvoerende Hoof: Akademie.

Inherente vereistes
• Vlak 6 Diploma/Baccalaureusgraad (met Afrikaans en Geskiedenis op ten minste tweedejaarsvlak)
• Professionele Onderwyskwalifikasie
• Rekenaarvaardigheid in MS Excel, MS Word, MS Outlook en Internetdienste

Taalvaardigheid
• Vlot Afrikaans- en Engelstalig

Aanbevelings
• Bybelkunde
• Bestuurservaring

Diensaanvaarding: 5 Januarie 2015