TAK/ VERKOPEBESTUURDER (OSM) - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 23-02-2017 7:15:48 AM
23-03-2017 7:15:48 AM
Hierdie instansie wat al 60 jaar optree as invoerder, verskaffer en verspreider van landbou masjinerie soos gebruik in vrugte, wyn en lusern produksie gebaseer in Kaapstad open 'n tak in Upington. Hul beskik oor 'n geleentheid vir 'n dinamiese, energieke "self-starter" om die tak in UPINGTON op die been te bring en uit te brei.



TAK-/ VERKOPEBESTUURDER

UPINGTON OMGEWING

Vereistes:


- Matriek ondersteun deur ten minste 5-10 jaar ondervinding in 'n soortgelyke posisie

- Indien ondervinding in die landbou sektor sal dit in u guns tel

- Bo-gemiddelde bemarking/ verkope ondervinding in hoogs van belang met die vermoë om self te inisieer en motiveer

- Goeie menseverhoudinge en kommunikasievaardighede

- Goeie organiseringsvermoë

- Geldige rybewys

- Sober gewoontes en skoon kriminele rekord


Pligte gaan ondermeer insluit:


- Aanmoedig en inisieer van verkope

- Demonstreer van masjinerie en reël van inligtingsaande

- Saamstel van krediet ooreenkoms soos goedgekeur deur afdeling

- Gereelde besoeke aan kliënte

- Marknavorsing vir mededingende produkte en pryse

- Weeklikse beplannings en bemarkingstrategieë

- Reis beplanning doen

- Ander ad hoc pligte soos versoek deur hoofkantoor