Verkoopsverteenwoordiger Landbou-toerusting - Worcester Verfied

Salary Negotiable Worcester, Western Cape Worcester, Western Cape more than 14 days ago 07-07-2017 8:18:10 PM
01-09-2017 8:18:10 PM

Ons kliënt, gebaseer in Worcester, is ‘n toonaangewende verskaffer wat betroubare landboutoerusting invoer en versprei en het 'n vakature vir 'n Verkoopsverteenwoordiger van Landbou implemente met 'n bewese rekord in 'n vergelykbare omgewing.

Die ideale kandidaat het ‘n bewese rekord van verkope ten einde deurlopende groei in die onderneming te verseker. Hierdie posisie vereis die vermoë om met integriteit en respek op te tree in alle verhoudings, effektief te netwerk,uitstekende kommunikasie-vaardighede en 'n strewe na uitnemende dienslewering.

Die posbekleër sal rapporteur aan die Handelaarshoof en verantwoordelik wees vir die handhawing van verhoudinge met bestaande kliënte; identifisering van potensiëel nuwe kliënte; strategieë help ontwikkel vir ‘n verkoopsplan en hierdie plan dan suksesvol implementeer.

‘n Toepaslike tersiêre kwalifikasie en nagenoeg 3 tot 5 jaar ondervinding van verkope in die landbousektor,verkieslik van landbou-implemente, word vereis.Belangstelling in die tegniese-en meganiese veld sal u aansoek versterk.

In ruil vir u toewyding en kundigheid, bied ons ‘n uitstekende loopbaangeleentheid en ‘n mededingende vergoedingspakket.

Ref: CPT000238/NP