A LA CARTE SJEF MROS - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 14-08-2019 8:36:22 AM
09-10-2019 8:36:22 AM
Hierdie bekende “steakhouse” wat onlangs sy deure in Upington geopen het benodig ‘n energieke selfgedrewe persoon as:

A LA CARTE SJEF
UPINGTON

Vereistes:
- Ons wag op aansoeke van hardwerkende, innoverende persone wat oor ‘n tersiêre kwalifikasie of 3-5 jaar ondervinding beskik as ‘n a la carte sjef, spesifiek tot die bestuur van ‘n a la carte spyskaart verkieslik in ‘n soortgelyke omgewing.
- Persoon moet goed georganiseerd wees
- Oor goeie menseverhoudinge beskik
- Vermoë om onafhanklik onder druk te opereer beskik
- Bereidheid om lang ongereelde ure te werk
- Geldige bestuurslisensie beskik.

Verantwoordelikhede sal insluit:
- Daaglikse sjef werk en bestuur van die kombuis en personeel
- Daaglikse nagaan van voorraad asook doen van aankope
- Data prosessering van voorraad op rekenaarsisteem
- Bestuur van funksies en geleenthede wat insluit spyskaart ontwikkeling, kwotasies.

Daar word ‘n mededingende vergoedingspakket aangebied.

Stuur CV, met verwysing MROS, voor 23 Augustus 2019