ADMINISTRATIEWE-/GASTEHUISBESTUURDER - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 02-08-2022 7:55:11 AM
11-08-2022 6:21:58 AM
Hierdie gevestigde en welbekende gastehuis in Upington bied die geleentheid vir ? dinamiese, energieke en aanpasbare persoon met goeie organiseringsvaardighede om aan te sluit by hulle span as:

ADMINISTRATIEWE- /GASTEHUISBESTUURDER
(UPINGTON)

Vereistes:
- Minimum vereistes is Matriek met vorige bestuursondervinding in die gastehuis-/hotel omgewing.
- Bogemiddelde menseverhoudinge en kommunikasievaardighede.
- Goeie rekenaarvaardighede in MS Office en besprekings programme.
- Vlotheid in Afrikaans en Engels.
- Geldige rybewys met eie vervoer.
- Moet bereid wees om elke 2de naweek sowel as skofte te werk indien benodig word.

Hoofverantwoordelikhede sluit in:
- Algemene bestuur en administratiewe pligte.
- Hantering van besprekings, kwotasies asook in- en uitboek van gaste.
- Voorraadbestellings en -kontrole.
- Opstel van skoonmaak en instandhoudingskedules en uitvoer van kwaliteitsbeheer.
- Volledige personeel bestuur.
- Hantering van alle kliënte- en personeelnavrae.
- Assisteer met ontbyte en funksies.

In ruil word ‘n onderhandelbare salaris ooreenkomstig kwalifikasies en ondervinding aangebied.

Om aansoek te doen, rig u CV met verwysing CAGB voor 10 Augustus 2022