AKKREDITASIE-/ADMINKLERK - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 27-07-2020 11:56:47 AM
27-08-2020 2:49:18 PM
Hierdie gevestigde Tafeldruif boerdery wat spesialiseer in die produsering en verpakking van uitvoer druiwe, beskik oor die volgende posisie vir ‘n
dinamiese, selfgedrewe persoon as deel van hul kantoor.

AKKREDITASIE-/ ADMINKLERK (halfdag)
UPINGTON OMGEWING

Vereistes:
- Ons wag op aansoeke van goed georganiseerde en presiese individue met minimum 3 jaar ondervinding in verskeie gehaltebestuurstelsels in ‘n soortgelyke pos, verkieslik binne
‘n boerdery omgewing.
- Bo-gemiddelde rekenaarvaardigheid in MS Office
- Goeie menseverhoudinge en bo-gemiddelde kommunikasievaardighede beskik,
- Uitgebreide kennis hê van spesifieke gehaltebestuurstelsels en akkreditasies soos GLOBALGAP / SIZA / HACCP / TESCO NUTURE.
- Persone met kennis van tafeldruif pakhuis sisteme en Paltrack sal voorkeur geniet.

Pligte gaan onder meer insluit:
- Volle bestuur van stelsel/ akkreditasie afdeling
- Voorbereiding van en verbeterings aan gehaltebestuurstelsels
- Voorbereiding van oudit-lêers
- Doen van pre-oudits
- Oplei van ander personeel
- Verantwoordelik vir Health & Safety by die pakhuis
- Op datum hou van pakhuis administrasie en Paltracksisteem
- Bestel en nagaan van die pakmateriaal soos beplan
- Administrasie en rekordhouding van vervaardiging van tafeldruiwe en rosyne

Daar word ’n mededingende vergoedingspakket aan die pos gekoppel volgens kwalifikasie en ondervinding.
Pos sal in oestyd 'n voldag pos wees.

Stuur u volledige CV met verwysing MAAK voor 7 Augustus 2020