AKKREDITASIE AND STELSELBESTUUR - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 16-10-2019 9:51:56 AM
06-11-2019 2:20:54 PM
Hierdie gevestigde Tafeldruif boerdery wat spesialiseer in die produsering en verpakking van uitvoer druiwe, beskik oor die volgende posisie vir ‘n dinamiese, selfgedrewe persoon as deel van hul kantoor.

AKKREDITASIE & STELSELBESTUUR
LOUISVALE OMGEWING

Vereistes:
- Ons wag op aansoeke van goed georganiseerde en presiese individue met minimum 3 jaar ondervinding in verskeie gehaltebestuurstelsels in ‘n soortgelyke pos, verkieslik binne ‘n boerdery omgewing
- Bo-gemiddelde rekenaarvaardigheid in MS Office
- Die ideale kandidaat moet oor goeie menseverhoudinge en bo-gemiddelde kommunikasievaardighede beskik,
- Uitgebreide kennis hê van spesifieke gehalte-bestuurstelsels en akkreditasies soos GLOBALGAP / SIZA / HACCP / TESCO NUTURE.
- Persone met kennis van tafeldruif pakhuis sisteme en Paltrack sal voorkeur geniet.

Pligte gaan onder meer insluit:
- Volle bestuur van stelsel/ akkreditasie afdeling
- Voorbereiding van en verbeterings aan gehaltebestuurstelsels
- Voorbereiding van oudit-lêers
- Doen van pre-oudits
- Op datum hou van pakhuis administrasie en Paltracksisteem in paktyd
- Ander algemene administrasie soos van pos vereis.

Daar word ’n mededingende vergoedingspakket aan die pos gekoppel volgens kwalifikasie en ondervinding.

Stuur u volledige CV met verwysing MGPS voor 25 Oktober 2019