ALGEMENE BESTUURDER - Hoedspruit Verfied

Salary Negotiable Hoedspruit, Limpopo Hoedspruit, Limpopo more than 14 days ago 12-01-2022 5:31:47 PM
17-01-2022 7:46:21 AM
Ons kliënt ? gevestigde Sitrus Maatskappy wat spesialiseer in die produsering en uitvoer van sitrus vrugte, beskik oor die volgende uitdagende beroepsgeleentheid vir ‘n sterk, dinamiese, selfgedrewe persoon met visie as:
ALGEMENE BESTUURDER:PAKSTORE(SITRUS)
HOEDSPRUIT AREA

Vereistes:
- Aansoeke word ingewag van persone met ‘n B Ing. (Landbou) / BAgric / BSc Landbou-ekonomie) of gelykwaardige kwalifikasie ondersteun deur minimum 10 jaar ondervinding in die bestuur van verskeie pakstore.
- Geskikte persoon moet beskik oor wye besigheidsinsig met uitdaging-gedrewenheid.
- Moet goed kan organiseer.
- Aandag aan detail kan gee.
- Improviserend en oor die vermoë beskik om onafhanklik te kan opereer.
- Moet streng dissipline kan toepas.
- Verdere vereistes is ‘n passie vir landbou.
- Bo-gemiddelde menseverhoudinge, kommunikasievaardighede, rekenaarvaardigheid en ‘n sin van dringendheid.
Hoof verantwoordelikhede sal insluit:
- Strategiese beplanning van pakhuise.
- Handhaaf en verbeter die produksie en kwaliteitsprofiel by pakhuise.
- Dag tot dag kontrole oor operasionele bestuur.
- Skakeling en bou van goeie verhoudinge met bestuur, werkers en belanghebbendes.
- Kontrole oor koste analisering vir die pakhuise.
- Kontrole oor gehaltebestuurstelsels, asook verpakkingsprogramme en logistiek.