ASSISTENT DEPOT - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 22-10-2019 11:25:09 AM
13-11-2019 6:09:41 AM
Ons kliënt, ‘n gevestigde maatskappy in Upington wat ‘n belangrike skakel vorm in die verspreiding van alkoholiese asook nie-alkoholiese dranke aan verskaffers in die kleinhandel sektor in die omgewing, benodig die dienste van ‘n dinamiese kandidaat met goeie organiserings-/ administratiewe vaardighede in hul vinnig groeiende industrie in die volgende beskikbare posisie.

ASSISTENT DEPOT BESTUURDER
UPINGTON

Vereistes:
- Aansoeke van verantwoordelike kandidate moet ten minste 3 jaar ondervinding in die gesamentlike bestuur van ‘n depot
- Deeglike kennis en ondervinding van voorraadbeheer en -kontroles
- Goeie menseverhoudinge en kommunikasievaardighede
- Rekenaarvaardigheid in MS Office
- Die vermoë om as deel van ‘n span te funksioneer
- Geldige rybewys.
- Die suksesvolle kandidaat moet ook bereid wees om op ‘n beurt basis bystandsdiens te verrig met lang ongereelde ure.

Die suksesvolle persoon sal ondermeer verantwoordelik wees vir :
- Nagaan & inlees van voorraad ontvang
- Toesien dat korrekte voorraad versend word
- Kontrole oor drywers
- Terugstuur van beskadigde voorraad
- Assistering in die bestuur van die depot
- Administratiewe take en kontroles
- Oop en toesluit van depot op beurtbasis.

Daar word ? mededingende vergoedingspakket volgens kwalifikasies en ondervinding aan die pos gekoppel.

Stuur u volledige CV met verwysing OFBA voor 1 November 2019