ASSISTENT STOORBESTUURDER - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 08-06-2021 9:32:07 AM
03-08-2021 9:32:07 AM
Ons kliënt, ‘n gevestigde maatskappy in Upington wat ‘n belangrike skakel vorm in die verspreiding van alkoholiese asook nie-alkoholiese dranke aan verskaffers in die kleinhandelsektor in die omgewing, benodig die dienste van ‘n dinamiese kandidaat met goeie organiserings-/ administratiewe vaardighede in hul vinnig groeiende industrie in die volgende beskikbare posisie.

ASSISTENT STOORBESTUURDER
UPINGTON

Vereistes:
- Aansoeke van verantwoordelike kandidate moet ten minste 3 jaar ondervinding in die gesamentlike bestuur van ‘n depot asook deeglike kennis en ondervinding van
voorraadbeheer en -kontroles kan aansoek doen.
- Goeie menseverhoudinge en kommunikasievaardighede
- Rekenaarvaardigheid in MS Office
- Vermoë om as deel van ‘n span te funksioneer
- Geldige rybewys.
- Die suksesvolle kandidaat moet ook bereid wees om op ‘n beurt basis bystand diens te verrig met lang ongereelde ure.

Die suksesvolle persoon sal ondermeer verantwoordelik wees vir die:
- Nagaan & inlees van voorraad ontvang
- Toesien dat korrekte voorraad versend word
- Kontrole oor drywers \
- Terugstuur van beskadigde voorraad
- Hulpverlening in die bestuur van die depot
- Administratiewe take en kontroles
- Oop en toesluit van depot op beurt basis
- Algemene ad hoc pligte soos deur bestuur deur gegee.

Daar word ? mededingende vergoedingspakket volgens kwalifikasies en ondervinding aan die pos gekoppel.

Stuur u volledige CV met verwysing OFBA voor 21 Junie 2021