BEDRYFSBEAMPTE BEDRYFS- & ALGEMENE DIENSTE - Kimberley Verfied

Salary Negotiable Kimberley, Northern Cape Kimberley, Northern Cape more than 14 days ago 19-01-2022 6:20:43 AM
16-02-2022 2:11:26 PM
Ten einde uitvoering te gee aan die strategiese plan van die Rooivleis Produsente- Organisasie (RPO) Noord-Kaap en ondersteuning te verleen aan die ontwikkeling, volhoubaarheid, winsgewendheid en stabiliteit van die georganiseerde landbou in die Noord-Kaap streek, beskik RPO Noord-Kaap oor die volgende uitdagende pos vir ‘n dinamiese, energieke, georganiseerde en selfgedrewe individu

Die pos is gesetel in Kimberley en die posbekleër rapporteer aan die Hoofbestuurder van Agri Noord-Kaap.

BEDRYFSBEAMPTE: BEDRYFS- EN ALGEMENE DIENSTE

Vereistes:
- Minstens Matriek met verkieslik ‘n kwalifikasie in landbouwetenskap of ekonomiese-/bestuurswetenskappe, ondersteun deur bewese bestuurservaring en ‘n passie vir die landbou.
?- Die posbekleër se professionele profiel sal verder onder meer hoogs-effektiewe gesproke en geskrewe kommunikasievaardighede, bogemiddelde onderhandelings- en netwerkvaardighede beskik
- Vlotheid in Afrikaans en Engels
- Rekenaargeletterdheid in MS Office
- Geldige rybewys
- Die pos vereis dat die posbekleër baie sal reis.
- Kennis van die struktuur en funksionering van die georganiseerde landbou dien as aanbeveling.

Sleutel verantwoordelikhede behels
- Skakeling en bedinging met organisasies op ‘n wye front waaronder owerheidsinstansies, nie-regeringsorganisasies en die privaatsektor
- Uitvoering aan die strategiese plan van die RPO Noord-Kaap
- Bevordering van verhoudings met alle belanghebbendes
- Lewering van vakkundige en administratiewe insette aan die RPO Noord-Kaap
- Opstel van memoranda en verslae
- Oordra van inligting en standpunte aan lede, owerheids- en ander instellings asook die media
- Interne en eksterne skakeling en kommunikasie.

In ruil word ‘n onderhandelbare vergoedingspakket aangebied.

Belangstellendes kan aansoek doen deur ‘n aansoekbrief en volledige CV met verwysing JRPO nie later nie as 25 Januarie 2022 te rig.