BEMARKER(OWCB) - Upington

Hierdie gevestigde besigheid in Upington met takke regoor Suid- Afrika wat spesialiseer in seëls, verskeidenheid olies, instandhoudingsprodukte soos
“bearings” en transmissie eenhede beskik oor die volgende geleentheid vir 'n dinamiese bekwame kandidaat met positiewe ingesteldheid en nodige kennis & ondervinding as:

BEMARKER
UPINGTON OMGEWING

Vereistes:
- Kandidate met goeie menseverhoudinge ondersteun deur ten minste 3-5 jaar ondervinding in verkope / bemarking kan aansoek doen.
- Geldige bestuurslisensie
- Goeie kommunikasievaardighede
- Bereidwilligheid om te reis.

Pligte sluit in:
- Bemark en verkope van seëls, verskeidenheid olies, instandhoudingsprodukte soos “bearings” en transmissie eenhede asook
- Uitbreiding van kliëntebasis, diens en ondersteun van huidige kliënte wat verkope asook naverkoopdiens
- Administratiewe pligte

Daar word mededingende vergoedingspakket met voordele aan die pos gekoppel.

Rig u volledige CV met verwysing OWCB voor 6 September 2019

The biggest job-related Twitter account in the world Best Business Blog Winner / SA Blog Awards 2013