BEMARKINGS-/LOGISTIEKEBESTUURDER
Salary Negotiable
Abroad
more than 14 days ago
17-01-2022 6:55:49 PM
14-03-2022 6:55:49 PM
Hierdie gevestigde Boerdery Groep wat spesialiseer in die produsering van top gehalte uitvoer tafeldruiwe en groente, beskik oor die volgende uitdagende posisie vir 'n dinamiese, selfgedrewe persoon as:
BEMARKINGS-/LOGISTIEKEBESTUURDER
NOORDOEWER / NAMIBIË
Vereistes:
- Aansoeke word ingewag van persone met ‘n toepaslike kwalifikasie (BCom Bemarking of Logistieke Bestuur) of gelykwaardige kwalifikasie ondersteun deur minimum 10 jaar ondervinding in verkieslik ‘n soortgelyke landbou omgewing.
- Geskikte persoon moet beskik oor wye besigheidsinsig en netwerke in die vrugte / groente-bedryf.
- Kennis van oorsese markte.
- Uitdaging-gedrewentheid.
- Goed kan organiseer, aandag aan detail kan gee.
- Die vermoë om onafhanklik, maar as deel van ‘n span te kan opereer.
- Verdere vereistes is ‘n passie vir landbou bedryf.
- Bo-gemiddelde mense-verhoudinge, kommunikasievaardighede, rekenaarvaardigheid en ‘n sin van dringendheid.
Hoof verantwoordelikhede sal insluit:
- Bemarking & Logistieke Bestuur van vrugte en groente.
- Beplanning van logistiek en reël van trokke.
- Koördineer van pakinstruksies.
- Skakeling met bemarkings maatskappye.
- Ondersteuning in bou en verbeter van produksie en kwaliteitsprofiel by pakhuis.
- Skakeling met en bou van goeie verhoudinge met kliënte.
Namibiese Burgerskap sal as verdere aanbeveling dien.
Daar word ‘n vergoedingspakket met behuising en aansporingskema aangebied, gekoppel aan kwalifikasies en ondervinding.
ALLE AANSOEKE SAL STRENG VERTROULIK HANTEER WORD
Rig u CV met verwysing MSFBL voor 04 Februarie 2022