BESPROEIINGSBESTUURDER - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 11-01-2021 12:50:32 PM
16-02-2021 8:58:08 AM
Hierdie gevestigde uitvoer tafeldruif groep beskik oor die uitdagende beroepsgeleentheid vir ? dinamiese, energieke individu met ? passie vir boerdery om by hul suksesvolle span aan te sluit.

BESPROEIINGSBESTUURDER
(KAKAMAS OMGEWING)

VEREISTES:
• Selfgedrewe persone met 3-5 jaar toepaslike ondervinding in besproeiing / bemesting & bespuitings omgewing op tafeldruiwe en rosyne.
• Goeie produk kennis en kundigheid van besproeiingstelsels, pompe, pype en besproeiings rekenaarstelsels.
• Bo-gemiddelde goeie menseverhoudinge en kommunikasievaardighede.
• Bo-gemiddelde rekenaarvaardigheid en probleemoplossings-vaardighede.
• Tegniese agtergrond van installerings en onderhoud op besproeiingstelsels.
PLIGTE SAL ONDERMEER BEHELS:
• Installering en opgradering van besproeiinstelsels, pyplyne en pompkamers.
• Onderhoud op besproeiingstelsels.
• Foutopsporing, diens en herstel van stelsels.
• Skedulering en toediening van besproeiing, bemesting en bespuitings, asook bestuur en opleiding van arbeid.
• Algemene rekordhouding volgens internasionale gehaltebestuurstelsels.

Aansoekers met toepaslike landbou kwalifikasie met AVCASA sertifikaat sal voorkeur geniet.

Daar word markverwante vergoedingspakke met voordele eie aan die bedryf aangebied.

Om aansoek te doen, stuur volledige CV met verwysing MTDB voor 25 Januarie 2021