BESTUURDER - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 13-04-2021 12:36:23 PM
21-05-2021 8:30:18 AM
Hierdie tehuis vir bejaardes op Upington, beskik die volgende posisie vir ‘n kandidaat met ‘n positiewe selfbeeld, passie vir bejaardes en vriendelike gesindheid om aansoek te doen as:

BESTUURDER
UPINGTON

Vereistes:
- n Toepaslike tersiêre kwalifikasie met ten minste 5 jaar vorige bestuursondervinding verkieslik in ‘n diensleweringsomgewing
- Grondige kennis van menslikehulpbronbestuur
- Bogemiddelde administratiewe vaardighede
- Vermoë om ‘n multidissiplinêre span te lei.
- Kennis van ACVV konstitusionele en interne beleid sal tot u voordeel wees.
- Uitstekende rekenaarvaardigheid in MS Office
- Bogemiddelde kommunikasievaardighede, verslagskrywing, die vermoë om vergaderings effektief te lei
- Geldige rybewys.

Die suksesvolle kandidaat rapporteer direk aan die ACVV Beheerraad vir die tehuis en is hoofsaaklik verantwoordelik vir:
- Die bestuur en beheer van kwaliteitdiens aan bejaarde kliënte met fokus op bejaardesorg
- Menslikehulpbronbestuur
- Professionele ontwikkeling
- Administratiewe take en administratiewe inligtingstelsels.

Daar word ‘n mededingende vergoedingspakket aangebied, gekoppel aan kwalifikasies en ondervinding.

Rig u aansoek en CV met verwysing JOB voor 23 April 2021