BOUREKENAAR - Somerset West Verfied

Salary Negotiable Somerset West, Western Cape Somerset West, Western Cape more than 14 days ago 22-12-2021 10:38:19 AM
01-02-2022 2:04:28 PM
Hierdie eiendoms-gefokusde maatskappy gesetel in Somerset-Wes asook in die Noord-Kaap, wat sedert 1991 spesialiseer in eiendomsontwikkelingsbestuur regoor Suid-Afrika met dienste soos Argiteksontwerp, Bourekenkunde, Konstruksiebestuur en ‘n Eiendomsagentskap, beskik oor die volgende uitdagende loopbaangeleentheid:

BOUREKENAAR
SOMERSET-WES

Vereistes:
- Minimum vereistes is ‘n toepaslike tersiêre kwalifikasie of uitgebreide bewese ondervinding in ‘n soortgelyke pos
- Rekenaarvaardigheid in die gebruik van Excel program
- Die vermoë om in ‘n span te funksioneer en ‘n geldige rybewys.
- Aansoeke van persone met bewese ondervinding en wat vertroud is met SketchUp & Microsoft Projects sal voorkeur geniet

Die suksesvolle kandidaat sal hoofsaaklik verantwoordelik wees vir:
- Die meet en opstel van hoeveelheid lyste & prysbepaling van projekte
- Goedkeuring by kliënt, plaas van bestellings
- Finansiële bestuur van projekte.

In ruil vir aanstelling word ‘n onderhandelbare vergoedingspakket ooreenstemmend met nasionale vergoedingstandaarde en werk in ‘n stimulerende werksomgewing aangebied.

Die posisie vereis ‘n bereidheid om soms buite die plaaslike grense te werk.

Om aansoek te doen stuur u volledige cv met verwysing JTBR, voor 7Januarie 2022