ADMINISTRASIE ASSISTENT - Pretoria Verfied

Salary Negotiable Pretoria, Gauteng Pretoria, Gauteng more than 14 days ago 06-06-2022 11:41:48 AM
Brooklyn, Pretoria: ADMINISTRASIE ASSISTENT
Minimum Vereistes:
-Netjiese en professionele Afrikaans sprekende dame, ongeveer 20 – 30 jaar oud
-Afrikaans en Engels eerste en tweede tale (Afr & Eng kliënte basis)
-Matriek / Graad 12
-Administrasie / Regte / Bcom kwalifikasie voordelig
-Minimum 2 jaar onlangse adminstrasie ondervinding in a kantoor werksomgewing verpligtend, verkieslik in regssektor of versekeringsektor (by ‘n regsfirma of versekeraar)
-Goeie tikvaardighied met aandag vir detail
-Rekenaargeletterd in MS Office
-Betroubare vervoer werk toe
-Stabiele indiensnemingsrekord en kontakbare verwysings
-Om so spoedig moontlik diens te aanvaar
Pligte:
-Administrasie take vir maatskappy wat spesialiseer in die verskaffing van kommersiële versekeringsprodukte en risikobestuur aan likwidateurs, prokureurs en professionele persone
-Agentskap-/fasiliteitsaansoeke (nuwe kliënte)
-Laai van relevante papierwerk met betrekking tot borgverbande (bewys van indiening en uitreiking van eerste premies ens.)
-Assisteer met kliënte- en administratiewe navrae
-Verseker doeltreffende kliëntedienslewering
-Help met Pretoria Meester-navrae, krediteurevergaderings ens.
Salaris: R 12 000.00 – R 15 000.00 bruto maksimum