DEBITEURE-/KREDITEURE-/VERKOPE KLERK(OQL) - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 12-05-2020 12:48:03 PM
05-06-2020 10:06:33 AM
Hierdie een stop sentrum wat spesialiseer in verskaffing & monitering van motor bande asook n verskeidenheid van ander dienste in die instandhouding van voertuie soos skokbrekers, remstelsels, batterye asook diens van alle fabrikate, bied die volgende uitdagende beroepsgeleentheid in hul administratiewe afdeling vir ‘n dinamiese, energieke persoon:

DEBITEURE-/ KREDITEURE-/ VERKOPE KLERK
UPINGTON

Vereistes:
- Aansoeke word in gewag van resultaat gedrewe kandidate met ten minste 3 jaar ondervinding in die volle debiteure-/ krediteure funksie
- Rekenaarvaardigheid in Pastel asook MS Office.
- Bo-gemiddelde menseverhoudinge en kommunikasievaardighede
- Vermoë om akkuraat onder druk te kan funksioneer
- Geldige bestuurslisensie.

Pligte sal insluit:
- Akkurate en tydige prosessering van debiet-, krediet fakture
- Voorberei en byhou van debiteure / krediteure rekonsiliasies en ouderdom analises
- Liassering en opdatering van alle krediteure informasie
- Maandelikse opstel van betalings lyste
- Invordering van debiteure
- Deelneem aan die finansiële maandeinde afsluiting proses; asook ontvang van kliënte, open en afsluiting van werkskaarte, ontvang en balanseer van kleinkas
- Verkoopsklerk take.

Daar sal van die suksesvolle kandidaat verwag word om naweekdiens te doen.
Daar word ‘n mededingende vergoedingspakket aan die pos gekoppel.

Stuur u CV met verwysing OQL