ELEKTRISIËN - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 22-06-2022 1:31:57 PM
15-07-2022 12:27:52 PM
Ons kliënt, 'n gevestigde onderneming in Upington wat spesialiseer in elektriese- en verkoelingsinstallasies en instandhouding by kommersiële en industriële persele en toerusting van hoofsaaklik nasionale maatskappye, beskik oor ? loopbaangeleentheid vir ? hardwerkende en handvaardige persoon in die volgende pos:

ELEKTRISIËN
UPINGTON

Vereistes:
- Vereistes vir aanstelling is status as gekwalifiseerde vakman of uitgebreide ondervinding van minstens 8 jaar in ‘n soortgelyke pos.
- Die vermoë om onafhanklik te werk.
- Bereidheid om bystanddiens en oortydwerk te verrig en te reis met ‘n geldige rybewys.

Die suksesvolle kandidaat sal hoofsaaklik verantwoordelik wees vir:
- Die hantering van elektriese foute en probleme by geboue en toerusting
- Die uitvoer van geskeduleerde onderhoud.

'n Hoogs-onderhandelbare vergoedingspakket volgens kwalifikasies en ondervinding word aan die pos gekoppel.

Rig u aansoek en CV met verwysing JEE voor 08 Julie 2022