FABRIEKBESTUURDER - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 01-12-2020 12:35:17 PM
26-01-2021 12:35:17 PM
Hierdie gevestigde tafeldruif- en rosyne- / aanleg bied die volgende uitdagende beroepsgeleentheid in hul fabriek vir dinamiese, energieke persoon as:

FABRIEKBESTUURDER
STRAUSSBURG OMGEWING

Vereistes:
- Aansoeke word ingewag van ervare, goed georganiseerde persone met sterk dryfkrag, bogemiddelde menseverhoudinge en kommunikasievaardighede wat oor die vermoë beskik
om personeel gemotiveerd in ‘n span te laat saamwerk.
- Die persoon moet verder sterk kan fokus op produksie en kwaliteitstandaarde.
- Die geskikte persoon moet bewese kennis en ervaring in ‘n bestuursomgewing hê van minimum 5 jaar, terwyl kennis en ervaring in die droë vrugte bedryf persoon se aansoek
verder sal versterk.
- Die suksesvolle persoon moet ‘n deelnemende bestuur benadering volg, onafhanklik onder druk kan opereer en aandag aan detail kan gee, in span-verband kan funksioneer en
sal aan Hoofbestuur verantwoordelik wees vir alle aspekte van fabrieksbestuur.
- ‘n Toepaslike kwalifikasie, ondersteun deur deeglike kennis van gehaltebestuurstelsels en bedryf tendense sal as verdere aanbeveling dien.

Hoof verantwoordelikhede sal insluit: * Handhaaf en verbeter die produksie en kwaliteits-profiel van die Groep * Kontrole oor produksie, personeel en kwaliteit-standaarde * Toepassing van bestuur strategie om vrugte volumes te optimaliseer * Begrotings bestuur en koste bestuur vir die Rosyne-aanleg.

Daar word ‘n mededingende vergoedingspakket aangebied, gekoppel aan kwalifikasies en ondervinding.

ALLE AANSOEKE SAL STRENG VERTROULIK HANTEER WORD

Stuur u CV met verwysing MCDB voor 11 Desember 2020