FINANSIËLE-/ADMIN KLERK - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 21-06-2022 9:48:07 AM
06-07-2022 9:35:42 AM
Hierdie instansie wat hoofsaaklik spesialiseer in internet en netwerk verskaffing beskik oor die volgende posisie vir 'n dinamiese en selfgedrewe kandidaat as:

FINANSIËLE- / ADMIN KLERK
UPINGTON

Vereistes:
- Ons wag op aansoeke van vriendelike, goed georganiseerde en presiese individue met minimum matriek ondersteun deur minstens 3 jaar toepaslike ondervinding in algemene finansiële administrasie.
- Bogemiddelde rekenaarvaardigheid in MS Office.
- Goeie menseverhoudings en kommunikasievaardighede.
- Ervaring in “Xero Accounting” sal voordelig wees.
- Suksesvolle kandidaat moet bereid wees om na-ure telefoniese bystand te lewer..

Die suksesvolle persoon sal hoofsaaklik, direk onder hoofbestuur, verantwoordelik wees vir:
- Algemene administrasie
- Ontvangs
- Debiteure & Krediteure.
- BTW Opgawes
- Alle ander take soos deurgegee.

Daar word ‘n onderhandelbare vergoedingspakket aan die pos gekoppel

Om aansoek te doen, stuur CV met verwysing MGFA voor 05 Julie 2022