FINANSIËLE BESTUURDER - De Doorns Verfied

Salary Negotiable De Doorns, Western Cape De Doorns, Western Cape more than 14 days ago 26-11-2021 9:25:53 AM
22-12-2021 10:41:21 AM
Ons kliënt is ’n nuutgestigte vrugte-uitvoermaatskappy en is op soek na ’n ervare, gedrewe finansiële bestuurder as deel van ons energieke bestuurspan.

FINANSIELE BESTUURDER
HEXVALLEI

Vereistes:
- Aansoeke van goed georganiseerde, presiese individue met minstens ’n B Com- kwalifikasie in finansiële rekeningkunde of bestuursrekeningkunde, voltooide klerkskap, asook 3-5
jaar ondervinding in vrugte-uitvoere sal oorweeg word.
- Kennis van handel in buitelandse valuta sal in u guns tel.
- Goeie menseverhoudinge & puik kommunikasievaardighede
- Bo-gemiddelde vermoë om onafhanklik te funksioneer
- Goeie rekenaarvaardigheid in Pastel en MS Office (of soortgelyke platvorms).

Die suksesvolle persoon sal ondermeer verantwoordelik wees vir die:
* Opstel van begrotings met gereelde rapportering aan direkteure
* Bestuur van debiteure & krediteure
* Bank rekonsiliasies
* Produsente betalings
* Afreken state
* Gereelde kommunikasie en interaksie met boekhoufirma asook die byhou en voorbereiding van state vir die houermaatskappy in Hong Kong en die filiaal in SA.

Ons bied ’n mededingende vergoedingspakket, gekoppel aan kwalifikasie en ondervinding.

Alle aansoeke sal konfidensieel hanteer word.

Stuur u volledige CV met verwysing MRFF voor 03 Desember 2021