FINANSIËLE BESTUURDER - Nelspruit Verfied

Salary Negotiable Nelspruit, Mpumalanga Nelspruit, Mpumalanga more than 14 days ago 06-05-2022 2:19:36 PM
01-07-2022 2:19:36 PM
Hierdie nuut gestigte neute en droëvrugte verspreiding maatskappy, beskik oor die volgende uitdagende posisie as deel van hul bestuurspan vir ‘n kandidaat met bogemiddelde syfer vaardighede en bogemiddelde finansiële bestuursondervinding:

FINANSIËLE BESTUURDER
NELSPRUIT, OMGEWING

Vereistes:
- Aansoeke van sterk analitiese, presiese individue met ‘n BCom. of gelykwaardige kwalifikasie in finansiële rekeningkunde of bestuursrekeningkunde, voltooide klerkskap asook minstens 5 jaar ondervinding in vrugte verspreiding / uitvoere industrie word ingewag.
- Kennis van internasionale handel sal in u guns tel.
- Goeie menseverhoudings.
- Verbale en geskrewe kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels.
- Bogemiddelde vermoë om onafhanklik te funksioneer
- Goeie rekenaarvaardighede in Pastel en MS Office.

Die suksesvolle persoon sal ondermeer verantwoordelik wees vir:

- Die bestuur van finansiële strategieë en aksies.
- Begrotings.
- Finansiële verslaggewing
- Finansiële- en uitvoer oudits.
- Risiko bestuur
- Ontwikkel, evalueer en verbetering van finansiële-en IT prosedures en kontroles.
- Opdatering en verbetering van alle verskaffer- en diensooreenkomste.

Daar word ? mededingende vergoedingspakket aangebied gekoppel aan
kwalifikasie en ondervinding.

Alle aansoeke sal konfidensieel hanteer word.

Stuur u volledige CV met verwysing MNFB voor 20 Mei 2022