FINANSIËLE BESTUURDER - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 15-08-2022 1:30:41 PM
24-08-2022 8:28:51 AM
Hierdie gevestigde rosyntjie / pekanneut verwerking maatskappy brei uit en beskik oor die volgende uitdagende posisie as deel van hul bestuurspan vir ‘n kandidaat met bogemiddelde syfervaardighede en sterk finansiële bestuursondervinding:

FINANSIËLE BESTUURDER
KEIMOES OMGEWING

Vereistes:
- Aansoeke van sterk analitiese, presiese individue met minsterns ‘n BCom. kwalifikasie in finansiële rekeningkunde of bestuursrekeningkunde, voltooide oudit klerkskap, asook minstens 10 jaar ondervinding in verkieslik die landbou omgewing word ingewag.
- Goeie menseverhoudinge.
- Verbale en geskrewe kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels.
- Bogemiddelde vermoë om onafhanklik te funksioneer.
- Goeie rekenaarvaardighede in Pastel en MS Office.

Die suksesvolle persoon sal ondermeer verantwoordelik wees vir die:
- Bestuur van finansiële strategieë en aksies.
- Opstel van begrotings, finansiële en bestuurstate.
- Finansiële verslaggewing.
- Finansiële oudits.
- Risiko bestuur.
- Ontwikkel, evalueer en verbetering van finansiële prosedures en kontrole.
- Onderhandeling en opdatering van alle verskaffer- en diens ooreenkomste vorm ook deel van verantwoordelikhede.

Daar word ? mededingende vergoedingspakket aangebied gekoppel aan
kwalifikasie en ondervinding.

Alle aansoeke sal konfidensieel hanteer word.

Stuur u volledige CV met verwysing MRFB voor 22 Augustus 2022