GEHALTEBESTUUR OUDIT KONSULTANT - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 19-05-2022 9:24:41 AM
24-06-2022 9:36:36 AM
Ons spesialiseer sedert 1997 in onder meer werwing, keuring en plasing van personeel, organisasie-ontwikkeling, loon-administrasie, tydelike arbeidsdiensverskaffing, vaardigheidsontwikkeling en arbeidsverhoudinge. Ons beskik oor ‘n loopbaangeleentheid as gevolg van verdere uitbreidings en nooi sterk, self-gemotiveerde kandidate met hoë dryf uit om aansoek te doen:

GEHALTEBESTUUR OUDIT KONSULTANT
(Benede-Oranjerivier gebied)

Vereistes:
- Kandidate met ‘n toepaslike tersiêre kwalifikasie, ondersteun deur ten minste 3-5 jaar ondervinding in verskeie gehaltebestuurstelsels in die landbou-omgewing wie onder druk en onafhanklik kan werk kan aansoek doen.
- Bogemiddelde menseverhoudinge.
- Uitstekende kommunikasie- en organiseringsvaardighede.
- Goeie rekenaarvaardigheid in MS Office.
- ‘n Geldige rybewys met eie vervoer.

Pligte gaan onder meer insluit:
- Bemarking van dienste aan kliënte.
- Konsultasie met relevante partye rakende voorbereiding van en verbeterings aan gehaltebestuurstelsels(bv. GLOBALGAP/ HACCP / BRC / SIZA, ens.)
- Voorbereiding van oudit-lêers.
- Doen van pre-oudits sowel as ander algemene administrasie soos van pos vereis.

In ruil word mededingende vergoedingspakket met fleksie-ure, gekoppel aan kwalifikasies en ondervinding aan die suksesvolle kandidaat gebied.

Om deel te raak van ons dinamiese span, rig u CV met verwysing MJG voor 10 Junie 2022 aan