HOOFBESTUURDER - Kimberley Verfied

Salary Negotiable Kimberley, Northern Cape Kimberley, Northern Cape more than 14 days ago 02-01-2020 9:50:21 AM
27-02-2020 9:50:21 AM
Ten einde die ontwikkeling, volhoubaarheid, winsgewendheid en stabiliteit van die georganiseerde landbou in die Noord-Kaap streek te organiseer en te bevorder, beskik Agri Noord-Kaap oor die volgende uitdagende pos vir ‘n dinamiese, energieke en selfgedrewe individu.

Die pos is gesetel in Kimberley en die posbekleër sal aan die bestuur van Agri Noord-Kaap rapporteer.

HOOFBESTUURDER
KIMBERLEY

Vereistes:
- Minstens Matriek met verkieslik ‘n kwalifikasie in landbouwetenskap of ekonomiese-/bestuurswetenskappe, ondersteun deur bewese bestuurservaring en ‘n aktiewe belangstelling
in die landbou met goeie agtergrond van die landbou-situasie in die streek.
- Die posbekleër se professionele profiel sal verder onder meer uitstekende mense bestuursvaardighede beskik
- Hoogs-effektiewe gesproke en geskrewe kommunikasievaardighede, bogemiddelde onderhandelings- en besluitnemingsvaardighede oor beskik
- Vlotheid in Afrikaans en Engels
- Rekenaargeletterdheid in MS Office
- Geldige rybewys insluit
- Kennis van die struktuur en funksionering van die georganiseerde landbou dien as sterk aanbeveling.

Die pos vereis dat die posbekleër baie sal reis.

Sleutelverantwoordelikhede behels:
- Die skakeling en bedinging met organisasies op ‘n wye front waaronder owerheidsinstansies, nie-regeringsorganisasies en die privaatsektor
- Bevordering van verhoudings met alle belanghebbendes
- Bestudering en vertolking van toepaslike dokumentasie
- Opstel van memoranda en verslae
- Oordra van inligting en standpunte aan lede, owerheids- en ander instellings asook die media
- Interne en eksterne skakeling en kommunikasie
- Algemene bestuur en finansiële beheer

In ruil word ‘n onderhandelbare vergoedingspakket aangebied.