HOOFBESTUURDER - Kimberley Verfied

Salary Negotiable Kimberley, Northern Cape Kimberley, Northern Cape more than 14 days ago 14-09-2021 1:08:09 PM
09-11-2021 1:08:09 PM
Ten einde die ontwikkeling, volhoubaarheid, winsgewendheid en stabiliteit van die georganiseerde landbou in die Noord-Kaap streek te organiseer en te bevorder, beskik Agri Noord-Kaap oor die volgende uitdagende pos vir ‘n dinamiese, energieke en selfgedrewe individu

Die pos is gesetel in Kimberley en die posbekleër sal aan die bestuur van Agri Noord-Kaap rapporteer.

HOOFBESTUURDER
KIMBERLEY

Vereistes:
- Minstens Matriek met verkieslik ‘n kwalifikasie in landbouwetenskap of ekonomiese-/bestuurswetenskappe, ondersteun deur bewese bestuurservaring en ‘n aktiewe belangstelling
in die landbou met goeie agtergrond van die landbou-situasie in die streek.
- Die posbekleër se professionele profiel sal verder onder meer uitstekende mense bestuursvaardighede, hoogs-effektiewe gesproke en geskrewe kommunikasievaardighede,
bogemiddelde onderhandelings- en besluitnemingsvaardighede
- Vlotheid in Afrikaans en Engels
- Rekenaargeletterdheid in MS Office
- Geldige rybewys insluit .
- Die pos vereis dat die posbekleër baie sal reis.
- Kennis van die struktuur en funksionering van die georganiseerde landbou dien as sterk aanbeveling.

Sleutel verantwoordelikhede behels :
- Die skakeling en bedinging met organisasies op ‘n wye front waaronder owerheidsinstansies, nie-regeringsorganisasies en die privaatsektor
- Bevordering van verhoudings met alle belanghebbendes
- Bestudering en vertolking van toepaslike dokumentasie
- Opstel van memoranda en verslae
- Oordra van inligting en standpunte aan lede, owerheids- en ander instellings asook die media
- Interne en eksterne skakeling en kommunikasie
- Algemene bestuur en finansiële beheer.

Datum van diensaanvaarding: Januarie 2022

In ruil word ‘n onderhandelbare vergoedingspakket aangebied.

Belangstellendes kan aansoek doen deur ‘n aansoekbrief en volledige CV met verwysing JANK voor 30 September 2021